Are you Up for a Braai Weekend – resepte soos gesien op Die Groot Ontbyt!

 

 

groot ontbytHierdie resepte is deel van die Crown National “Are You Up for a Braai Weekend” promosie. Hoekom net op Braaidag braai – maak hierdie jaar ‘n naweek daarvan saam met Crown National!

Stetson burgers, Ouma’s boerewors, Six Gun Grill braai speserye, Meisterclub marinades en Jimmy’s Steakhouse sous beskikbaar by slaghuise en uitgesoekte supermarkte landwyd.

Hierdie maand kan jy boonop die wenner van ‘n Weber gas braai wees – kyk uit vir kompetisie besonderhede beskikbaar in deelnemende winkels.

 

Taaierige Vlerkies met Jimmy’s Steakhouse Sous

 Vrydag 25ste September

Jimmy's Sticky wings low

 

Bestanddele:

1kg Hoendervlerkies

250ml Jimmy’s Steakhouse sous

50ml Molasse

Metod

 

  1. Meng die Jimmy’s steakhouse sous en molasse saam.
  2. Marineer dan die hoendervlerkies in die marinade vir minstens 4 ure of ideaal oornag.
  3. Braai die hoendervlerkies oor matige kole en bedruip deurentyd met die oortollige marinade.
  4. Bedien as ‘n voorgereg aan jou gaste terwyl jy die hoofgereg op die braai voorberei.

 

 

Gevulde Beeshaas (fillet) met Meisterclub Marnade

 Woensdag 23ste September

 

Meisterclub Stuffed Fillet low

Bestanddele:

1 Beesfillet

1 teelepel Six gun grill speserye

1 eetlepel Bruin suiker

2 eetlepels olie

1 ui, fyngekap

200g Mossels

200ml Meisterclub Knoffel sous

Tou

Foelie

Metode:

  1. Vlek die beesfillet in die lengte oop waarin die vulsel geplaas kan word.
  2. Meng die Six gun grill speserye, suiker en olie saam in ‘n bakkie en vryf dit in oor die fillet.
  3. In ‘n vuurvaste pan, soteer die ui in ‘n bietjie olie, en voeg by die mossels, wyn en  Meisterclub Knoffel sous.
  4. Plaas die deksel op die pan en laat die mossels stoom tot gaar in die sous.
  5. Sodra gaar, skep die mossels in die beesfilet en bind vas met tou en draai toe in die foelie.
  6. Braai nou die fillet op die rooster vir ongeveer 20 minute of tot gaar na jou smaak.
  7. Verwyder die foelie en tou, sny die filet in skywe en bedien saam met bygeregte van u keuse.|

Beesstert potjie met Six Gun Grill 

Dinsdag 22ste September

 

Six gun Oxtail lowBestanddele:

25ml Olie

1kg Beesstert

1 Ui, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

15ml Tamatie pasta

1 Lourierblaar

25ml Worcester sauce

750ml Water

15ml  Six Gun grill speserye

125g Spek, gesny in blokkies

150g Pruimedante (ontpit)

250 Sampioene (gehalveer)

Metode:

  1. Braai die vleis in ‘n driepoot pot in ‘n bietjie olie tot bruin
  2. Voeg die uie en knoffel by en soteer vir ‘n paar minute.
  3. Voeg by die tamatie pasta, lourierblaar, worcester sous en 500ml water, en laat dit prut oor ‘n matige vuur totdat die vleis sag is. Voeg nog water by as nodig.
  4. Voeg die Six gun grill speserye en die res van die water by.
  5. Voeg die spek, pruimedante en sampioene by en kook vir nog 15 minute.
  6. Bedien saam met koes-koes, rys of krummelpap.

 

Stetson Frikkadelbroodjie-op-‘n-stokkie

Maandag 21ste September

Stetson Burger on a stick low

Bestanddele:

100ml Water70g Stetson spesery mengsel

500g Maalvleis

10 klein Peppadews

2 murgpampoentjies, dun gesny in repies/wiele

20 klein uitjies

20 hout-sosatie stokkies

Franse brood, genoeg vir 40 snye wat elk so 2cm dik is.

Meisterclub Sweet chilli sous

** Die maalvleis, water en spesery mengsel kan met 500g klaar-gemaakte rou Stetson burger patties vervang word

Metode:

  1. Week die sosatie stokkies vir sowat 10 minute in kookwater en dreineer.
  2. Hidreer die Stetson spesery mengsel met die water vir 5-10minute, en meng dan met die maalvleis.
  3. Gebruik jou hande en rol klein balletjies van die mengsel.
  4. Ryg twee frikadelle per stokkie, met ‘n uitjie in die middel.
  5. Braai oor warm kole tot goudbruin en gaar, sowat 5 minute per kant.
  6. Ryg nou op elke sosatie ‘n peppadew, snytjie murgpampoen, sampioen en ‘n sny franse brood aan die twee punte van die stokkie.
  7. Braai nou jou frikkadelbroodjie op ‘n stokkie verder vir sowat 2-3 minute aan ‘n kant.
  8. Bedien saam met Meisterclub Sweet chilli sous.

Kan ook die frikkadelletjies platdruk wat dan ‘n burger patty vorm, en gewone burgers maak op die franse brood sonder die stokkie!

 

Ouma’s Boerewors en soetrissie frittata

Vryday 11de September

 

Ouma's Fritatta lowBestanddele:

1 pakkie Ouma se boerewors, in stukkies gesny

2 rooi soetrissies, pitte verwyder en grofgekap

125 g kersie-tamaties, gehalveer

8 groot eiers, geklits

250 ml grasuie, grofgekap plus extra om te bedien

Sout en peper na smaak

Metode:

  1. Sny die wors in wieletjies
  2. Verhit ‘n groot vuurvaste pan en braai die wors in die pan tot bruin.
  3. Voeg die soetrissie by en laat dit braai tot sag.
  4. Voeg tamaties by.
  5. Nou voeg jy die geklitste eiers, grasuie en sout en peper by.
  6. Krap die kole om die hitte te verlaag dat dit stadig set.
  7. Plaas die deksel op die pan en hou oor die kole totdat die eier gaar is.
  8. Bedien net so uit die pan uit, strooi net lekker handevol grasuie oor.

 

Lamsribbetjie op ‘n stokkie met Jimmy’s Steakhouse Sous

Donderdag 10de September

Jimmy's Lamsribbetjie low

Bestanddele:

1kg Ontbeende lamsrib (vra vir jou slagter vir reeds ontbeende lamsrib as jy nie weet hoe nie)

200ml Jimmy’s Steakhouse sous

10 x Staal kebab stokkies

Sap van ‘n halwe suurlemoen (opsioneel)

Handvol vars oreganum

Metode:

  1. Sny die ontbeende lamsrib in repies
  2. Marineer met Jimmy’s steakhouse sauce en sap van ‘n halwe suurlemoen (opsioneel) vir omtrent 2 ure en maak die bak toe met kleefplastiek.
  3. Steek die metaal kebab stokkies deur die ribbetjies (hul steek makliker deur), en plaas die kebabs op die kole wanneer die vuur reg is.
  4. Bedruip deurentyd met die oortollige marinade.
  5. Braai tot die vleis lekker bros is.
  6. Bedien met vars oreganum bo-oor gestrooi, en saam met bygeregte van u keuse.

 

 

Perfekte Hoender sosaties met Meisterclub Marinades

Woensdag 9de September

Meisterclub hoendersosaties low

 

Bestanddele:

1.2 kg Hoendervleis, in hapgrootte blokkies gesny

‘n Paar druppels vars suurlemoensap

250 ml Meisterclub Egte Sosatie Marinade

1 groot ui, in kwarte gesny en lagies losgemaak

10-12 droëpere, gehalveer

Kookwater

Metode:

 

  1. Pak die vleisblokkies in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak en sprinkel ’n klein bietjie vars suurlemoensap egalig oor die vleis.
  2. Gooi die Meisterclub Egte Sosatie Marinade bo-oor en meng dit goed deur met jou hande sodat elke vleisblokkie met ’n lagie marinade bedek is.
  3. Bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 4 uur lank, maar verkieslik oornag.
  4. Plaas die stukkies ui en gesnyde droëpere in ’n bak en bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 20 minute (ongeveer die tyd wat dit gaan duur vir die vleis om die regte temperatuur te bereik).
  5. Ryg die gemarineerde hoendervleis op sosatiestokkies, afgewissel met stukkies ui en stukkies droëpere. Verf elke sosatie met van die Meisterclub Egte Sosatie Marinade wat in die vleisbak oorgebly het.
  6. Braai die sosaties oor die kole tot gaar na jou smaak. Verf met nog ’n bietjie van die Meisterclub Egte Sosatie Marinade terwyl jy dit braai of rooster, indien verkies.
  7.  Sit die sosaties warm voor met roosterkoek en slaai.

 

 

Picanha (uitgespreek  Pie-con-ja, met die klem op “con”) met Six Gun Grill Braai Speserye

Dinsdag 8ste September

Six gun grill Picanha option 1

 

 

Die Suid Amerikaanse snit is baie gewild in Brasilië en Argentinië, en is deesdae beskikbaard op die Suid-Afrikaanse winkelrakke. Dit is ‘n driehoekige snit wat geposisioneer is aan die bo-kant van die rump. Dit is ‘n stuk spier wat nie baie beweeg gedurende ‘n bees se leeftyd, dus bly dit sag en benodig nie marinade nie.

 

Bestanddele:

Ongeveeer 1kg Picanha

15ml Six gun grill speserye

 

Metode:

  1. Sny die lagie vet wat die picanha bedek deur horisontaal en dan vertikale lyne te sny deur die vet. (Vet reageer anders as vleis wanneer gaargemaak word. Dit verloor meer vleoistof en krimp daarom meer as die vleis, wat veroorsaak dat ‘n stuk vleis kan krul op die ente. Dit help ook dat die geurige vet deurtrek in die vleis.)
  2. Vryf die speserye in die vleis, en braai dan stadig oor lae-hitte kole vir ongeveer 40 minute.
  3. Laat rus die steak op ‘n snybord vir 5 minute, en sny dan in dun repies
  4. Tradisioneel word dit bedien saam met tamatie-salsa

Six gun grill Picanha option 2

 

 

Stetson Sampioen Broodjie

Maandag 7de September

Stetson Mushroom burger option 2

 

Bestanddele:

Olie soos benodig

100ml Water *

70g Stetson spesery mengsel *

500g Maalvleis *

20 Portobello/Swart sampioene (groot)

1 koppie gerasperde kaas

3 tamaties, gesny in skywe (20 skywe uitkry)

1 x 375ml Meisterclub Peper of Knoffel sous

** Of vervang met 500g klaar-gemaakte rou Stetson burger patties

Metode:

  1. Hidreer die Stetson spesery mengsel met die water vir 5-10minute, en meng dan met die maalvleis.
  2. Gebruik jou hande en vorm 10 patties (die grootte van die sampioene) van die mengsel.
  3. Braai die patties en sampieoen appart oor matige kole tot gaar
  4. Om die frikkadelbroodjie te bou:

Pak 10 van die 20 sampioene uit, met die steel na bo.

Plaas ‘n skyf tamatie op elke sampioen, gevolg deur ‘n pattie en gerasperde kaas.

Gooi dan Meisterclub Peper of Knoffel sous oor die kaas en plaas die ander sampioen bo-op.

 

Stetson Mushroom burger option 1

Tags:

No comments yet.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.