OUMA’S BOEREWORS RESEP #1/ 2014

Couscous slaai met geroosterde botterskorsie en Ouma’s boerewors

pack1

Bedien 4-6 mense

 

Bestanddele vir slaai

2 groot rooi uie, in dun ringe gesny

10 ml (2 t) olyfolie vir braai

125 ml (½ k) bruinsuiker

1 botterskorsie (butternut) – medium grootte (ongeveer 350 – 400g)

Olyfolie vir rooster

Sout en peper na smaak

500 ml couscous

1 Pak Ouma’s boerewors (ongeveer 400g)

160 g roketblare

400 g feta-kaas, in blokkies gebreek

 

Bestanddele vir slaaisous

1 suurlemoen se sap

30 ml (2 eetlepels) Balsamiese asyn

5 ml (1 t) korrel mosterd

1 knoffelhuisie, fyngemaak

15 ml (1 eetlepel) poppie sade, gerooster

125 ml (½ koppie) Extra virgin olyfolie

Sout en peper na smaak

 

Metode

Voorverhit oond tot 180 °C.

Sny die uie in dun ringetjies.

Braai die uie liggies in ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan, tot net deurskynend.

Sprinkel die suiker oor die uie en laat dit stadig karamaliseer oor ‘n lae hitte, totdat die uie lekker taai en gekaramaliseer is. Hou eenkant.

Skil die botterskorsie, verwyder die pitte en sny in blokkies.

Plaas in ‘n bakplaat en besprinkel met olyfolie en sout en peper na smaak.

Rooster die botterskorsie tot gaar en ‘n bietjie bruin.

Verwyder en sit eenkant.

Plaas die couscous in ‘n bak wat bestand is teen kookwater.

Kook water en gooi oor die couscous om dit te bedek en laat daar nog ‘n lagie water bo-op wys. Laat dit staan vir ongeveer 15 minute of tot die water heeltemal geabsorbeer is deur die couscous en dit gaar is.

Braai die Ouma’s boerewors in ‘n pan tot gaar en lekker bruin, en sny dan in happies-grootte stukke.

 

Om die slaaisous te maak

Om die slaaisous bymekaar te sit, voeg al die bestanddele bymekaar, behalwe die olyfolie en meng.

Voeg dan die olie bietjie vir bietjie by terwyl jy die sous heeltyd klits, en hou aan klits tot ge-emulsifiseer is.

Om die slaai bymekaar te sit, skep die couscous op ‘n groot slaai bord.  Strooi die geroosterde botterskorsie oor, gevolg deur die boerewors stukkies, roketblare, feta en laaste die gekaramaliseerde uie.

Gooi die slaaisous oor net voor jy dit bedien of plaas die slaaisous in ‘n beker by die slaai sodat elkeen dit oor kan gooi.

No comments yet.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.